Terug na
TUISBLAD
Tuisblad
Lika Berning Bobby van Jaarsveld Marlee van der Merwe Sonja Herholdt Elize Cawood Rouel Beukes Alwyn Swart Paul du Toit Kevin Leo Sylvaine Strike Kurt Darren Anna Davel Porteus Xandau
View Site in English
My Wereld draai om jou
Die Premiere Aand
Liefling Klankbaan en DVD nou landswyd beskikbaar!
Die Storie
Lika Berning Bobby van Jaarsveld Marlee van der Merwe Sonja Herholdt Elize Cawood Rouel Beukes Alwyn Swart Paul du Toit Kevin Leo Sylvaine Strike Kurt Darren Anna Davel Porteus Xandau
Die StorieSoos die titel 'Liefling' reeds verklap, is hierdie 'n liefdesverhaal wat vertel word, deur gebruik te maak van bekende en geliefde Afrikaanse musiek van so ver terug as die 70's tot nou!Hierdie musiekfliek draai hoofsaaklik om die lewe van Liefling Marais, 'n meisie met 'n passie vir die lewe en 'n neus vir avontuur! Liefling bly op 'n plaas saam met pa Simon, ma Linda, broer Kobus, oupa Karel en Katy, die huishoudster en vertroueling. Pa Simon is 'n professor by die universiteit en in sy klas ontmoet ons die drie trawante en boesemvriende, Jan, Pieter en Gert. Die seuns is ook Hartbeespoorters en Jan woon by sy Ouma, Elsa Ferreira. Die storie skop af in 'n Desember vakansie. Rykmansdogter, Melanie von Staden, het haar oog ferm gerig op die aantreklike Jan Ferreira, wat weer sy oog op Liefling het. Die noodlot bring verliefdes, vriende, en sogenaamde vyande onverwags bymekaar. Hierdie is 'n liefdesverhaal vol trane en lag, musiek en dans.
Akteurs
Lika Berning
Liefling (Lika Berning)Liefling hou van die buitelewe - natuurkind. Sy ry 'n 'bike' - een met 'n sykar. Sy's 'n kreatiewe persoon, 'n kunstenaar, uniek en weet wie sy is. Sy's sterk en sien die wêreld deur haar eie oë. Liefling help graag mense. Haar familie is vir haar baie belangrik. Sy het 'n 'down to earth', natuurlike styl. Sy luister na mense en is 'n waarnemer. Energiek en spontaan. Sy bly op n plaas saam met pa Simon (Alwyn Swart), ma Linda (Sonja Herholdt), oupa Karel (Rouel Beukes), ouer broer Kobus (Paul du Toit) en die huishoudster Katy (Clementine Mosimane). Baie van haar vriende is die 'outcasts/oddballs'. Sy doen deeltydse werk en help almal uit. Sy het 'n oopkop.Lika Berning is bekend vir haar rol in die TV reeks 'Known Gods', Sy verskyn in '7de Laan', 'Binnelanders' en 'Feast of the Uninvited'. Sy maak ook binnekort haar verskyning in 'n internasionale film 'The Bang Bang Club'. Lika is ongelooflik opgewonde oor haar rol in 'Liefling, die Movie'.
Sonja Herhold
Linda Marais (Sonja Herholdt)Sy is Liefling (Lika Berning) se ma, 'n selfstandige en realistiese ruggraat van die familie. Sy hou haar 'loskop'-familie bymekaar met '‘n sagte hand. Sy stel altyd ander voor haarself. Sy is mooi, sag en lag maklik. Sy is ook ‘'n stille waarnemer, wat mense en situasies fyn kan waarneem en hanteer. Maak konfyte vir Jasmyn, ‘'n tuisnywerheid, en vir liefdadigheid. Oupa Karel (Rouel Beukes) woon by hulle. Linda is altyd baie besorg oor haar seun, Kobus (Paul du Toit).Sonja Herholdt is een van SA se bekendste ikone, wat met haar liedjie 'Ek Verlang na Jou' in die 70's die land aan die brand gesing het. Sy het die hoofrol vertolk in ‘'Sing vir die Harlekyn’', ‘'n Afrikaanse musiekrolprent in die 80’'s. Daarna het Sonja nog baie treffers gehad en bly een van SA se mees geliefde sangeresse. Haar nuutste CD, ‘'Pêrels'’, wat die lig vroeg in 2010 gesien het, beloof om nog ‘'n treffer te wees.
Alwyn Swart
Simon Marais (Alwyn Swart)Hy is Liefling (Lika Berning) se pa. Simon is '‘n wiskundige en gee klas op Tukkies in verskeie rigtings. Jan (Bobby van Jaarsveld) loop klas by hom. Hy is vaal en verstrooid en te slim om ordentlik te funksioneer in die samelewing. Sy vrou, Linda (Sonja Herholdt), doen alles vir hom. Hy is '‘n introvert en baie skaam. Alles wat hy sê kom altyd verkeerd uit. –Hy hap na woorde, is lomp en ‘'n ongeluksvoël.Alwyn Swart was die artistieke direkteur van ‘'n toneelgeselskap en het joernaalprogramme en dramas vir kinders gemaak. As regisseur van multikamera-dramas het hy sy pad na '7de LAAN' gevind, waar hy die afgelope 10 jaar werk. Ondertussen maak hy musiekvideos, gee klas, vervaardig dramas en dokumentere vir die 'EBU', doen teater werk en is vir 4 jaar sameroeper van die 'KKNK' se kunstekabinet. Wanneer hy die kans kry, geniet hy dit om sy lyf akteur te hou.
Paul du Toit
Kobus Marais (Paul du Toit)Hy is Liefling (Lika Berning) se broer. Hy werk vir 'n maatskappy wat gebreekte ruite vervang. Hy het nie baie geluk in sy lewe nie en kry nie groot deurbrake nie. Hy is baie lief vir die mense by die werk en het ‘'n oog vir ‘'n winskopie. Hy verval soms in donkerte en is 'n goeie mens. Hy is altyd op die nippertjie van iets groot. Hy sien altyd '‘n “'gap'” waar daar nie een is nie, maar weet nie hoe om iets deur te sien nie. Hy gaan draf elke oggend - staan eerste op. Hy is lief vir voëls en is stilletjies verlief op Melanie von Staden (Marlee van der Merwe). Paul du Toit het baie teaterondervinding agter sy naam, onder andere ‘'The Elephant Man’', '‘As you like it'’, '‘Othello’', '‘King Lear'’ en nog vele meer. Hy is ook bekend vir sy TV rolle in '‘Backstage'’, '‘Madam and Eve'’ en meer onlangs in die rol van Malan Koster in MNet se '‘Binnelanders'’. Hy het '‘n Naledi nominasie gekry vir sy rol as 'Frank N Furter' in ‘the 'Rocky Horror Show'’.
Rouel Beukes
Karel Benade (Rouel Beukes)Oupa Karel Benade is Liefling (Lika Berning) se oupa. Baie sagte mens, maar lyk soos ‘n rowwe “Jack” - was in die weermag. Hy het ‘'n gehoorprobleem en dra '‘n gehoorstukkie. Hy’'s ‘'n dromer en filosoof. Hy inspireer mense en het ‘'n wonderlike sin vir humor. Hy’'s baie selfstandig, maar het nog nooit uit Hartbeespoort gereis nie. Hy is mal oor sy kleindogter en oogappel, Liefling en praat heeltyd oor haar. Karel Marais is lief vir visvang en was ‘'n swemmer toe hy jonk was. Hy het ‘'n motorfiets met ‘'n sykar gehad en 'n 'geskiedenis' gehad wat hy later vir Liefling gegee het. –As jong man het hy van ouma Elsa Ferreira (Elize Cawood), gehou, maar haar laat gaan.Rouel Beukes is nie net 'n befaamde operasanger nie, maar het ook die laaste paar jaar opgetree in musiekblyspele soos 'Ons vir Jou', en 'Houtkruis'. Wanneer hy nie optree nie, wys hy graag vir mense rond in ons land en neem toere oorsee.
Clementine Mosimane
Katy (Clementine Mosimane)Sy is die Marais’ se huishoudster. Kethabile beteken 'joy/happy'. Sy is baie geheg aan Liefling (Lika Berning), en het haar as'’t ware gehelp grootmaak. Katy is baie gewild, sprankelend, dog ferm en streng. Sy het ‘n groot stem en is bang vir niemand en niks. Almal is mal oor haar en luister vir haar. Sy’'s die enigste een wat kan sien as Linda (Sonja Herholdt) genoeg gehad het. Sy’'s vol grappe en hou van Afrikaanse idiome. Sy skinder graag en ken almal in die dorp se geheime. Sy’'s baie godsdienstig. Sy het sekere gesegdes wat sy altyd sê. Haar man het haar mishandel, en alhoewel sy altyd kinders sou wou hê, het sy nooit gehad nie. Clementine Mosimane het kort na haar skooldae in die TV -industrie begin werk. Sy het baie ondervinding in poppespel en het groot bydraes gelewer tot kinderprogramme, onder andere ‘'Fundani Nathi’', '‘Snazzy Stories’', '‘Ketonki’', '‘Ha re bapaleng’' en nog vele meer. Sy is ook ‘'n baie goeie storieverteller en het in baie dramas gespeel. Op die oomblik is sy besig met die reeks op SABC2 , '‘Muvhango’'.
Jaco Muller
Doepie (Jaco Muller)Hy is een van Liefling (Lika Berning), se beste vriende. Hy is ‘'n parapleeg en rats in sy rolstoel. Hy werk in ‘'n kunswinkel, is baie oulik en slim en die meeste mense hou van hom.Jaco Muller het op groot skaal gewerk aan verskeie opvoedkundige, korporatiewe en industriële teaterprogramme. Op TV het hy verskyn in ‘'Erfsondes 3'’ en '‘Unsung Heroes'’. Jaco was ook in die volgende films te sien: ‘'Shotgun'’ en ‘'The Last of the Trysts'’. Hy is baie betrokke by musiekblyspele en het gespeel in ‘'Buddy’', '‘The Wizard of Oz'’, '‘Houtkruis'’ en '‘Ons vir Jou’'.
Monique Nortje
Sasha (Monique Nortje)Liefling (Lika Berning) se vriendin. Sy is neuroties, '‘n bietjie mal, en 'n regte '“chatterbox”'. Sy dink almal is mal oor haar en trek “'weird'” aan. Sy is eintlik baie slim, maar wil dit nie wys nie. Sy werk by 'Dial-a-Nerd', maar wil elke nou en dan ontsnap. Sy raak verlief op Lucci (Kevin Leo).Monique is ‘'n gesoute aktrise, komediant, stemkunstenaar, improvisasie-speler en was deel van die skryfspanne en rolverdeling van 'Kompleks' (skrywer/speler) en 'The Coconuts' (assistent hoofksrywer/assistant regisseur/speler). Sy is ook skrywer en regisseur van etlike industriële-, opvoedkundige- en korporatiewe-teaterstukke. Terwyl sy op die oomblik bloedsweet (te danke aan haar nuutste televisie-projek), kan jy haar nog steeds op die verhoog sien waar sy ookal besig is om deel te neem aan improvisasie-produksies.
Kevin Leo
Lucci (Kevin Leo)Hy is ‘'n Afrikaanse-Italianer wat die Italiaanse-restaurant, -bakkery en -koffiewinkel besit. Hy ry altyd op ‘'n fiets met 'n mandjie voorop. Hy'’s ‘'n ekstrovert - lief vir alles en almal. Hy dra altyd '‘n hoedjie. Hy ken almal en is soort van ‘'n ‘'mini-celebrity'”. Hy is altyd oral in die agtergrond, en lief vir sing. Hy neem soms by sy restaurant die mikrofoon en begin sing.Klassieke musiek lê na aan Kevin Leo se hart en hy is 'n meester in hierdie genre. Hy is stigter van die groep 'Drie van die Beste' met homself, Dana Niehaus en Mathys Roets. Hy het ook al ‘'n rits CD’'s op die rakke.
Bobby van Jaarsveld
Jan Ferreira (Bobby van Jaarsveld)Hy studeer by Tukkies - siviele ingenieurswese. Sy ouers is dood toe hy 6 was en sy Ouma Elsa (Elize Cawood) het hom grootgemaak. Hy kan inpas by enige mens en is baie gewild. Hy wil homself bewys en ook altyd sy ouma gelukkig hou. Sy vriende is 'cool' ouens, speel rugby en kitaar. Hy is aantreklik, maar hy weet dit nie. Hy het baie goeie maniere en help altyd die “'underdog'” en is ‘'n ware 'gentleman'. Hy probeer konflik vermy en is ‘n tipe van ‘'n “'yes”-man'.Bobby van Jaarsveld is een van SA se baie gewilde jong kunstenaars wat einde 2009 sy tweede CD met die treffer 'Spieëltjie', die lig laat sien het. Hy is ook in 2009 op die kykNET programme 'DKNT' aangewys as die gewildste sanger van die jaar en het in 2010 die 'SAMA' toekenning gewerf vir die beste Afrikaanse popalbum. Hierdie is sy eerste rol in '‘n film en hy het dit onsettend baie geniet.
Elize Cawood
Elsa Ferreira (Elize Cawood)Elsa is Jan Ferreira (Bobby van Jaarsveld) se ouma. Aards, aantreklik en bewus van haar vroulikheid. Sy straal ‘'n warm sensualiteit uit. Sy’'s baie ferm, kom van ou geld af maar is nie 'n 'snob' nie. Sy’'s ‘'n goeie “sout-van-die-aarde’-mens en gee advies aan baie mense. Sy is baie soos ‘'n ouer weergawe van Liefling. Elsa is wys, is mal oor haar tuin en het groen vingers. Baie huislik - onafhanklik en kan uit niks iets mooi maak. Sy is ‘'n pilaar van staal en deel met die gemeenskap. Sy is welbelese en het baie gereis toe sy jonger was.Elize Cawood is een van SA se bekendste en gewildste aktrises wat in legendariese reekse soos 'Verspeelde Lente' gespeel het, asook die bekende film, 'Taxi to Soweto'. Sy is ook geliefd vir haar puik verhoogwerk.
Willem Botha
Gerrit (Willem Botha)Jan (Bobby van Jaarsveld) se vriend. Hy'’s ‘'n kreatiewe ou, “arty” op ‘'n baie normale manier. Hy is ‘'n baie gawe, sensitiewe ou en sexy. Hy is romanties en het ‘'n oog vir ouer vrouens.Willem is ‘'n baie talentvolle jong sanger en akteur en het op die ouderdom van 23 al ‘'n hele klomp indrukwekkende nominasies en pryse gewen vir sy optredes en baie populêre Albums. Hy het onder andere tweede gekom in die Afrikaanse Idols kompetisie. Sy energieke musiek is uit die boonste rake. Hy het onlangs ‘'n 'Eurovision' toekenning ontvang.
Gert Wolmarans
Pieter (Gert Wolmarans)Jan (Bobby van Jaarsveld) se vriend. Hy is baie entoesiasties oor alles. Hy lag lekker en is vol sonskyn, hy is ‘'n kind van die aarde en is baie gelukkig as hy kaalvoet kan loop. Hy besit '‘n opregte onskuld. Nogal rof en uitbundig.Gert is ‘'n baie bekwame akteur, hy speel die saksofoon, is ‘'n gesogte DJ en bestuur sy eie musiek groep, die 'Pangaea Afro-Lounge Band'.
Marlee van der Merwe
Melanie von Staden (Marlee van der Merwe)Kom uit ‘'n baie ryk huis, bederf en snobisties, baie selfvertroue, dink die wêreld skuld haar iets. Sy hanteer glad nie verwerping nie en is mal oor konflik. Als is maar net ‘'n masker - dis hoe sy grootgemaak is. Sy het nog nooit waarlik gelukkig gevoel in haar ouerhuis nie, en daar is min warmte in die von Staden familie. Sy’s diep eensaam en het ‘'n klein hartjie maar sal dit vir niemand wys nie. Sy wil net liefde hê en dis hoekom sy Jan (Bobby van Jaarsveld) soek.Sy het ook ‘'n sin vir humor. Sy het ‘'n sterk persoonlikheid maar eintlik ‘'n baie lae selfbeeld. Uiterlike probeer vir die innerlike opmaak. Sy is verlief op Jan en voel bedreig deur Liefling (Lika Berning). Sy en haar vriendinne studeer Joernalistiek by die universiteitMarlee van der Merwe is 'n nuweling op die silwerdoek, maar het al baie musiekblyspele op die verhoog agter haar naam. Sy het veral opspraak gemaak in 'Showboat' en 'High School Musical'
Sylvaine Strike
Katryn van Staden (Sylvaine Strike)Melanie (Marlee van der Merwe) se Ma. Sy is ”over-groomed” en wil nie oud word nie. Sy is ge-botox en gesny. Sy is baie alleen en op haar eie “stasie”. Sy is op medikasie. Sy trek die duurste klere aan en is altyd besig om te poseer. Sy is ‘'n ornament vir haar man. Sy het onrealistiese hoë standaarde vir Melanie. Sy wil Melanie se lewe reël maar hulle is nie naby aan mekaar nie. Sy is baie erg oor etiket. Sy het ‘'n sportsmotor motor vir Melanie gekoop. Sy en haar man is vervreemd van mekaar.Sylvaine Strike is baie bekend vir haar rol as die skoolmeisie in “'Suburban bliss'”, sy was in flieks soos “'District 9'”, '“Gums and noses'”, '“Hey boy'” en skiet tans aan “'Spud'”. Sy is ‘'n hoogsbekroonde teater aktrise en word onthou vir haar werk in stukke soos “'Black and Blue'”, '“Shopping and f***ing”', '“Coupe'” en “'Sylvia'”.
Anna Davel
Anna van der Merwe (Anna Davel)Sy is Katryn von Staden (Sylvaine Strike) se suster. Baie aards en natuurlike vrou. Sy is jonger as Katryn en probeer altyd vir Katryn vertroos. Sy is nie getroud nie maar het n lewensmaat, John Reineke (Kurt Darren).Anna Davel, sangeres en liedjieskrywer, wat voorheen 'n lid was van die groep 'Cut Glass', het 'n hele paar CD's op haar kerfstok asook haar nuutste DVD "My Storie".
Kurt Darren
John Reineke (Kurt Darren)John is Anna van der Merwe (Anna Davel) se lewensmaat. Hy is 'n baie ryk besigheidsman en geniet die lewe. Hy hou daarvan om mense gelukkig te sien. Hy is ook mal oor die buitelewe maar dit moet in styl gedoen word. Al het hy 'n oog vir 'n mooi vrou is hy baie lief vir Anna. Kurt Darren is pas aangewys as SA se gewildste Afrikaanse sanger en het baie treffers agter sy naam, soos 'Loslappie', 'Meisie, Meisie', 'Af af af' en die die bekendste van almal, 'Kaptein'. Hy is ook die aanbieder van sy eie program 'Jukebox' op kykNET.
Louise Moodie
Jesse (Louise Moodie)Melanie (Marlee van der Merwe) se vriendin. Sy is derde in die rang van die feekse en het ‘n sagtheid en onskuld aan haar wat haar soms in die moeilikheid kry by Melanie. Sy is redelik naief en is opreg. ‘'n Effense dowwe dolla. Sy kom van die rykste en invloedrykste ouers. Louise Moodie is ‘'n nuweling in die industrie. Sy het aan verskeie studente produksies deelgeneem, onder andere 'Red Noses', 'Metamorhoses', 'Our town', 'Cabaret' en 'Footloose'. Sy is ‘'n opgeleide ballerina en was al te sien in '7de Laan' en verskeie advertensies.
Zenande Mfenyane
Thami(Zenande Mfenyana)Melanie (Marlee van der Merwe) se vriendin, en baie “nuwe Suid Afrikaans”. Sy is ‘'n ambassadeur se dogter, ‘'n tawwe girl en baie bederf. Sy is tweede in bevel na Melanie in die politiek van die drie feekse se vriendskap kringetjie. Melanie se vriendinne studeer almal joernalistiek op universiteit en doen alles saam.Zenande Mfenyana het die rol van 'Rapunzel' in '“Rapunzel: A Towering Tale”' gespeel by die 'Joburg Promusica Kidz' teater. Sy was ook te sien in “'Madiba Magic'” en “'The Music Show'”, vervaardig deur The On Cue Theatre.
Porteus Xandau
Thinus (Porteus Xandau)Hy is Kobus (Paul du Toit) se ou skoolvriend en hy ken vir Liefling (Lika Berning) vandat sy klein was. Hy is aantreklik. Hy is ‘'n besigheidsman wat in Switserland woon en werk. Hy raak verlief op Liefling. Hy is ouer en ‘'n bietjie wyser as sy, hy straal sofistikasie en selfvertroue uit. Hy is sportief en redelik eensaam.Porteus Xandau, ook bekend as Bertus de Villiers van '7de Laan', het studeer by The South African School of Film and Drama in Kaapstad. Met sy 2-man toneelstuk, 'Birds’ Eye View' het hy in 2006 ‘'n ACT Toekenning gewen vir die mees suksesvolste projek wat fondse ontvang het. Porteus het ook in verskeie international films gespeel, o.a. 'The Triangle' (Lions Gate), 'Doomsday' (Universal Studios), 'The World Unseen' (Regent), 'Endgame' (Film Four), 'Capitalist Pigs' (Open the Door) and 'Lost Boys' - 'The Thirst' (Warner Brothers). Die film 'Capitalist Pigs™' (Open the Door), waarvan Porteus mede-skrywer was en vervaardig het, sal in die Lente van 2010 vrygestel word .
Carike Keuzenkamp
Jennifer die Kaas Lektrise (Shaeleen Tobin)Jennifer is die bekoorlike lektrise van die plaaslike Kaasakadademie. Sy is ongelooflik hartstogtelik oor kaas.Shaeleen Tobin het studeer aan die Technikon in Pretoria en het daarna kinderteater gedoen sowel as TV kinderprogramme aangebied, nl ‘'Kideo'’ en ‘'Animals' and 'Us'’. Daarna het sy aanbeweeg na musiekblyspele waar sy onder andere al 5 nonne in Marylin van Reenen se '‘Nunsense– The Second Coming’' gespeel het, sowel as in ‘'Leader of the Pack'’ en ‘'Sixties Sunshine Underground’' –vir Janice Honeyman en ‘'Joburg Follies’' vir Niel Lessick. Shaeleen het haar eie kinderteater maatskappy begin, 'Hooked on Books'. Sy was ook die afgelope 3 jaar die eksentrieke pop 'Lizzie' in die SABC produksie '‘Fun Factory’'. Shaeleen het ‘n passie vir komedie en het dit baie geniet om 'Patience in ‘Coconuts'’ te speel waarvoor sy ‘n ‘Comedy Award for Best TV comedy performance’ gewen het sowel as vir ‘n 'SAFTA' genomineer was.
Lika Berning
Sonja Herhold
Alwyn Swart
Paul du Toit
Rouel Beukes
Clementine Mosimane
Jaco Muller
Monique Nortje
Kevin Leo
Bobby van Jaarsveld
Elize Cawood
Willem Botha
Gert Wolmarans
Marlee van der Merwe
Sylvaine Strike
Anna Davel
Kurt Darren
Louise Moodie
Zenande Mfenyane
Porteus Xandau
Shaeleen Tobin
Borge
Cadac
Bic
Oasis Water
The Islands
elephants1
avon logo
urban hip hotels logo
untitled-1
elephants1
avon logo
urban hip hotels logo
untitled-1
Baie dankie aan almal wat Liefling, die Movie moontlik gemaak het!
Produksie
Paul Kruger
Paul Krüger - Executive Producer / DOPPaul Krüger started his camera career in 1990 and not long after that joined the SABC. In 1996 he decided to go freelance as camera operator and DOP and started his own company, Eschol Video Productions. During the past 19 years Paul established himself in the world of producing and directing of different TV programmes and documentaries. Hartiwood Films was born in 2006 and we were one of the first companies to import the RED ONE camera from America. Because of this, Paul could go a step further in the producing of different projects. Because of the RED ONE and the excellent post-production facilities at Hartiwood Films, we are ready to do pioneers work in the film industry in South Africa.Working with RED is a whole new Camera Game. We were very fortunate to shoot the whole film on RED! Red Pro-Primes lenses Set was used, picture quality was outstanding and it gave you that true cinematic experience. We tried to use natural light where we could! And just filled in where necessary, hardly any tungsten light where used and only hmis and daylight florescent. On the big choreographic dance scenes 2 REDS where used as well as a 10 meter JIB operated by Johan Strydom and Sean King. We decided to shoot the small scenes with a jib arm which made it easy to move around but still gave us that slight movement which was required for our shooting style. Sound engineer was Leon Rivas. We were uncertain about the Reds Quality on sound, we decided to record on a separate sound track which could be used for post sync, but which we did not use at all. The whole film was shot on location 4 months prior to the actual shoot schedule, with a P2 camera and just the core crew standing in as actors. This gave us a good indication how things would go in terms of location choices, lighting setups, shot planning, as well as durations.
Linda Korsten
Linda Korsten - Co ProducerLinda Korsten qualified as teacher at the University of Pretoria. After a short time of teaching, she started working at the SABC in 1976 as Production Secretary at the Afrikaans Verskeidenheid Department, primarily working on music programmes. After 5 years at the SABC she started working as a freelance Director at Louise Smit Productions, mainly directing childrens programmes. During the next 17 years she has directed programmes like Pumpkin Patch, Kideo, Bimbo, Ketonki, Ha ra Bapaleng, to name but a few. She also wrote about 2,500 childrens scripts for different TV programmes. In 1997 she started her own company, Fun House Productions, and still concentrated on producing, directing and writing childrens programmes e.g. Fundani Nathi, Snazzy Stories, Fun Factory, etc. Linda has at least 3,000 TV programmes behind her name.She was also a lecturer at the Pretoria Technical Colleges Film School in the subject Writing for the Young for 3 years.For the past 5 years Linda has produced and directed Carike Keuzenkamps famous childrens DVDs which have received a Vonk award.
Brian Webber
Brian Webber - Director Brian Webber is an acclaimed, well known and respected actor. He is also a writer, director and fine artist.Brian obtained his degree in Drama at the University of The Witwatersrand inJohannesburg and has been working professionally, in South Africa and Europe since 1990.He is best known by audiences for his portrayal of Rudy in the feature film screen version of Martin Sherman’s 'BENT', starring in a lead role opposite Clive Owen, Sir Ian McKellen and Mick Jagger for Channel Four Films and MGM. Brian is excited and honored to have directed the full length Afrikaans Musical feature film 'LIEFLING', produced by Hartiwood Studio’s.On Stage he is well known for his collaborations with Lara Foot-Newton, Marthinus Basson, Sylvaine Strike, Harry Kalmer, Yael Farber, Sue-Pam Grant and Robert Coleman amongst others. He has been singled out and praised by theatre critics and industry icons for many of his performances including a quote from Sir. Ian McKellen: “I thought some of the young actors were very good, especially Brian Webber.” -with reference to 'The Messenger', a role which Brian portrayed alongside John Khani in the successfully revised version of 'ANTIGONE', co-written and directed by Sean Mathias. Brian has worked on many occasions at the Market Theatre; most recently he appeared as Boetie in 'ACROPOLIS CAFÉ' for which he received a NALEDI nomination for Best Supporting Actor and as Francois Le Grange in the immensely popular 'COUPE'. He has performed in the successful musical 'NAGLOPER' at various festivals opposite Ian Roberts-a musical about forgotten music legend Dawie De Lange.Alongside Sylvaine Strike, Brian steers and nurtures the fresh and innovative “Fortune Cookie Theatre Company”. Amongst the productions under their belt, Brian has been directly involved in 'FORTUNATELY, THE TRAVELERS' and 'COUPE.'Brian has written several film scripts and collaborated with other artists including Myer Taub on the full-length screenplay of 'HYMN' (based on Brians’ first one man show) which they co-wrote together. He also wrote and directed the play 'DISCOUNT CASH AND CARRY', produced and performed at the Market Theatre as part of their New Directors’ Season.Television credits include Jennings in 'THE RUNAWAY', JP Marais in the Bobby Heaney and Paul Slabolepsy sitcom 'KONSTERNASIE OPPI STASIE', Poenie in 'ERFSONDES', Gustav in 'THE LAB II', Misha the villain in 'ISIDINGO –THE TRUTH', Robert in 'IT RAINED LAST NIGHT', Spencer in 'ZERO TOLERANCE', Carl Sager in 'THE DELENTA FILES' and creating South Africas’ much loved, first cyber character 'DUB', for TUBE – SABC 2 .This adorable alien toddler has been watched daily by thousands of children across Africa and has released an album of fantastic songs and duets with amongst others local songstress Queen, Arthur and Brendan Jury, plus a whole range of personalized merchandise: dolls, doughnuts, cards, potato crisps, clothing and stickers.Besides various Fleur Du Cap, Vita, Dalro and Naledi Award nominations, Brian received an FNBVita Best South African Actor Award for his portrayal of Mark in Mark Ravenhill’s 'SHOPPING AND F***ING', a Vita Award For Best South African Comedy Performance as Mother in 'OXYGEN-ARTATTACK', Best Supporting Actor Vita Award for Ste in 'BEAUTIFUL THING' and another Best Supporting Actor Vita Award for his role as Rita in 'EK ANNA VAN WYK'. He has also received the Grahamstown National Arts Festival Best Actor Award for Alan Strang in 'EQUUS', the Market Theatre Bursary Award for Most Outstanding Student Actor and as co-founder of "The Fortune Cookie Theatre Company" several more NALEDI nominations and awards for Best Cutting Edge Productions in South Africa.Brian regularly creates installations and performance art pieces and curated the exhibition 'LOAD SHEDDING' at Kaross in Johannesburg with colleague Mary Holland, involving fourteen prolific South African artists. Other directing credits include:"LIEFLING-Die Movie", "BEHEER" , "THE TRAVELLERS", "ONGETITELD", ”SOMEDAY”, "DISCOUNT CASH AND CARRY", "FRUIT PUNCH"
Erik Holm
Erik Holm - Assistant DirectorTraining: 1999 Pro Arte Alphen Park: Matriculated Cum Laude; 2000 “ReelCreative Pictures” Film School; 2004 BA. Drama Degree at Tuks, Hons. Drama at TuksExperience: 1998 ATKV. Gold in Semi and Quaterfinals for acting lead, Production: “Vrygrond”, ATKV. Gold and Silver in Quater and Semifinals for tech, Production: “Mis”; 1999 ATKV. Gold in Semifinals for acting and stagework, Production: “Papawerwyn”; 2000 ATKV. Professional Childrens theater Tech. and acting “Willie Wouter bos kabouter”, “Towerklip”; 2001 “Arte Cantare” National Singing competition; 2002 'Penumbra' mime production with Mari-Heleen Coetzee, Various student productions such as “Monty Python – atribute”, “Besoek van die ou dame” - Abrie Le Roux , “Behind the masks” - Riaan Terreblanche; 2003Grahamstown festival production lead in Anlie Hattings “Addendum”; 2004Cell-C activation and marketing campaign in Johannesburg, Miming, clowning acting etc.; 2005 Wrote/directed “Netarico” - Showcased in Grahamstown and U.P.; “Sewende Laan” - “Walter”; 2006 Coke promotion/add German officer – Red Pepper Pictures; 2007 Fiela se Kind “Benjamin” Sandra Prinsloo, “Dreamwalker” - TV, Writing and Directing, “Die blom-oes” - Stage, Sanlam, Writing; 2008 “Binnelanders” TV, “Riaan Malherbe”, “Binnelanders” TV, Scriptwriting August till present; 2009, “Binnelanders” TV, “Riaan Malherbe”; “Liefling die musical” Co-writer and Assistant Director.He has performed at numerous benefit concerts, fundraisers and community awareness projects.
Johan Heystek
Johan Heystek - Musical DirectorJohan attended “Die Kruin School of Arts” in Johannesburg, developing his talent, and at age 15 he wrote his first official composition, “The Last Supper” which was performed as part of an Easter Musical at his local church. In his final school year he was responsible for the music arranging and directing of the school stage production. While studying he arranged and directed numerous musicals.Later years Johan started freelancing which allowed him to be involved in a broader spectrum of the South African Music Industry. In a joined venture with two other partners, they started their own state-of-the-art recording studio. Doors opened Internationally. City Harvest Church in Singapore invited him to assist them with the recording of their live praise and worship album. He was subsequently invited back for another four years. The Willow Creek Association SA (head office based in Chicago) appointed Johan as Music Director for their yearly conferences held in South Africa. At the XI World Congress of the International Christian Medical and Dental Association held in Durban, South Africa in July 1998, Johan Heystek acted as arranger, producer, band leader and pianist during all the music sessions. He did the same for other world conferences held in South Africa for the Kenneth Copeland Ministries (KCM) and CFAN (Reinhardt Bonnke) He has won numerous awards, e.g. Crescendo and Lier. Some of the CD’s produced and arranged by Johan have reached Gold Status and received SAMA and Lier awards. He also received awards for his own compositions (ATKV Lier award for his song Here Heilige Here)For the past four years he has been responsible for the music page Saamluister of Leef! Met Hart en Siel magazine, writing short articles on Artists and reviewing CD’s. While freelancing Johan is currently also the Musical leader of Mosaïek, a church in Fairlands with more than 5000 members. He is responsible for all aspects of the music and together with the Arts team putting together a musical every year. Johan has worked with numerous artists’ productions the past 20 years (to name a few of nearly 200 productions): Catherine Jones, Jan de Wet, Piet Smit, Wanda de Kock (Bamm) Jubelate Sanggroep, Rouel Beukes, Prophet, Reason, Danie Botha, Annalise Wiid, Rouel Beukes, Mache, Tiro, Manuel Escorcio, Janita Claassen, Mari Michael, Arina de Witt, Badie Broers, Lp Louw, Four Jacks and a Jill, Jasmyn, etc …Johan has been the Music Arranger and Producer of various stage productionsATKV Lier Toekennings, Leef! met Hart en Siel Lofprysing Konsert, Meditations on Easter with Richard Cock and Mosaiek, Numerous musicals with Mosaiek (Vere, Opgehoop, Stasioner, etc), PIF (Pay it forward), etc…As part of these stage productions he worked with many know South African ArtistsBrandon October, Kurt Darren, Juanita du Plessis, Amanda Strydom, Sweet Voice Masters, Marelouise,RetiefBurger, Bianca le Grange, Kobus Muller, Helene Bester, Bobby van Jaarsveld, Nia Nell, Navi Redd, Jak de Priester, jannie du Toit and Christa Steyn, Sonja Herholdt, etc…Some of South Africa’s top musicians and singers formed part of these productionsDennis Lalouette, Concord N’cabine, Bruce Wallis, Jean Floor Oosthuizen, Mauritz Lotz, Vinnie Henrico, David Classen, Marc Rausch, Fabian, Rob Watson, Ettienne Oosthuizen, Rixi, Luellen John, Kevin Kruger, Susan Mouton, Malie Kelly, Bobby Louw, Marriette Labuschagne, Hannes van der Walt, Corlea Botha, Fanie Fouche, Melody Bracey, Veronique Lalouette, Sweet Voice Masters, etc…During 1997 & 1998 Johan was the presenter of the CNW television music programme Gospel Gossip.Johan has done three of his own Piano albums of which two were released worldwide under the Brentwood Music label
Raymond Theart
Raymond Theart - ChoreographerRaymond trained as an actor, dancer and singer at Pretoria Technicon, both in Musical Theatre and Drama. He has been active in the entertainment industry since 1989 with several film, television, theatre and corporate credits to his name. Since 2000 he has been a talent agent and co-owner of "Leads Artists Agency". As director and choreographer, his productions have received notice, including: 'The Glass Crown' award, 'Vita' and 'Naledi' award nominations for choreography and an 'Aartvark' award for both directing and Best production at the Aartklop festival. Production highlights include; "Reach for the Stars" National Singing Competition, "Metamorph" Karen Hougaart, "Weerklink" Anneli Van Rooyen, "Fortunately" Brian Webber & Sylvain Strike, "Fantasy of Light", original compositions and songs for the 'Reach for the Stars' album STARBURST and Nicole De Wet's Album NICOLE. Raymond heads up choreography on "LIEFLING - Die Movie" and is working in partnership with actor, dancer, singer, choreographer Byron Olivato, as well as Vivica Olivato and newcomer Mellissa Alexander.
Charlie Runge
Charlie Runge - Make Up DesignerCharlie qualified as a make-up artist in 1997. She started her make-up career in Cape Town where she worked on numerous TV commercials, magazines, music videos and television programmes. Her first venture into film was in 1998 as make-up assistant for the Cape Short Film Project, produced by Gavin Sweeney, where she worked on three short films, namely 'Kap en Driver', 'Stompie and the Red Tide' and 'On the Rocks'. In 2002 Charlie moved to Johannesburg where she worked on the set of Sewende Laan for two years after which she took up freelancing again. In 2008 Charlie Runge held the position of First Assistant Make-up Artist on the Academy Award nominated film 'District 9'. Thereafter, she was offered the position of HOD of Make-up on 'Liefling die Movie' by Producer Paul Kruger of Hartiwood Films.
Nike Holm
Nike Holm - Art DirectorNike is a multi-talented young woman with a passion of making the world a more beautiful and interesting place.She is a glass blower, sculptor, musician, fire dancer, animation artist, poet and many more. She studied Fine Arts at the Technikon in Pretoria and after that worked at Delapse’s 2D animation studio, Lovebomb, under Vernie Roux.She started a glass studio with Christel Antonites, WOOK. And for 2 years they had many successful exhibitions all over the country.Nike plays the guitar as well as the flute and can also be heard on different Afrikaans albums as singer. She made a stop-motion animation for Steve Hofmeyr’s children’s DVD ‘Laaities en Ladies’.Currently, Nike is busy writing her own CD-volume of poetry called ‘Sielsoekers in die Droomdonker’ and has also composed and arranged the music for it.
Nerine Pienaar
Nerine Pienaar - Costume DesignerNerine has been working in the film and TV industry for the last 10 years, and have established her wardrobe company The Wardrobe Studio, in Johannesburg for the last 4 years. With her fashion design background she has been able to do a wide range of film work, from local to international commercials, to feature films. Nerine also received the SAFTA’S award for Best Costume Design for a feature film, ‘Mr Bones 2’, in 2010.Nerine studied at Joline’s Fashion Academy, where she received an award for best Tailoring and was the runner up for the Young Designer’s Award 1994. She has also done various short courses at the London College of Fashion and worked overseas for some time where she got lots of working experience at Christian Laxio, Armani, and Issay Miyaki. She received an ‘Stylist” award from the London College of Fashion.
Anel Stolp
Anel Stolp - EditorAnel studied at the Film School at the Tshwane University of Technology. After her studies she started her editing career at Eschol Video Productions. She edited 2 children’s programmes ‘Snazzy Stories’ and ‘Fun Factory’ as well as the last 5 children’s DVD’s of Carike Keuzenkamp. She also edited 2 classical music DVD’s produced by Salon Music, ‘Pianoman’ and ‘Celebration as well as the Energade Triathlon series.
Gustav Germishuizen
Gustav GermishuizenGustav Germishuizen got the chance of training as camera man from well-known DOP, Paul Kruger in 2006. He has worked on the following programmes: 'Snazzy Stories', 'Fun Factory' - both children's TV programmes for SABC. He then also starting doing Sport programmes e.g. 'Tseleng' (a road running programme), 'Peddle Talk' (Cycling programme), 'Kaelo, Stories of Hope' (community upliftment programme for SABC. He has worked on a variety of programmes for ATV Productions and in 2009 did a programme 'Boskos' which was a 40 days expedition to the 5 biggest lakes in Africa.Gustav had a great time working as 1st Camera man on 'Liefling, die Movie' and gained a lot of experience by working on the RED One camera.
Christa van der Walt
Christa vd Walt - ADChrista van der Walt got her degree in Audio visual Production Management in 2006 at Rand Afrikaans University. After that she went to London for a year. She then started working at Fun House Productions as Production Manager on the children's TV programmes 'Snazzy Stories' and 'Fun Factory'. She finished an editing course in Final Cut Pro and then started editing short programmes. Christa also freelanced as assistant on 'Kaelo, Stories of Hope'. She was very excited to work on 'Liefling, die Movie' and thought it was a great experience and it also extended her knowledge in film making.
Paul Kruger
Linda Korsten
Brian Webber
Erik Holm
Johan Heystek
Raymond Theart
Charlie Runge
Nike Holm
Nerine Pienaar
Anel Stolp
Gustav Germishuizen
Christa van der Walt
Regisseur's Nota
Die Regisseur's NotaMet watter maatstaf meet mens wat n goeie musikale film maak? 'n Afrikaanse "musiekfliek" daarby gesê? Boonop die eerste een in dertig jaar...Watse bestanddele gaan daarin? Met hoeveel inspanning roer mens die pot? Hoe lank laat mens die mengsel prut en wanneer dit opgedis word, wat is die perfekte tafel om dit op te bedien en watter blomme sal dit net reg komplimenteer? Hierdie is sommige van die vrae wat ek aan myself gestel het toe ek die projek die eerste keer benader het.Daar was bitter min raad of vernuf in Suid Afrika te vind oor die onderwerp, 'n land waarin die musiekfliek genre ietwat van 'n raaisel is, ook vanwee die feit dat die mees onlangse musiekflieks hier vervaardig, "Sing vir die Harlekyn" en "Sarafina" was. Nadat ek Amerikaanse musiekflieks, stok oues en ook van die baie nuwes wat meer onlangs gemaak is gekyk en bestudeer het en daaruit inspirasie ontgin het, het ek my blik na binne gedraai en na die mense in my nadere nabyheid...my famielie en vriende: regte, egte Afrikaners, 'n klompie baster Rooinekke en 'n paar Joodse, Ierse en Oostenrykse pelle wie almal 'n liefde, verwantskap en aantrekking met die Afrikaanse bewussyn koester. Wat wil hierdie mense graag sien en hoor, maar op die ou end...wat sal my Ma van hou?Toe ek die antwoorde tot hierdie vrae gevind het, het dit my lewe baie makliker gemaak toe ek en die span deur die magdom Afrikaanse gewilde liedjies vanaf 1910 tot en met die hede toe deurgeploeg het. Nadat al die verkore liedjies gemeet, geweeg en goed gevind is, het ons 'n storielyn in en om hierdie liedjies geweef wat die storie van ons sorgelose en gelukkige hoof karakter Liefling, die beste vertel het! Dit was 'n heerlike ervaring om haar sagtheid, haar helder gees en haar oorgang tussen verlief raak en uiteindelike selfkennis en vrouwees vas te vang.Ek was baie bevoorreg dat ek kon staat maak op 'n vreeslose tegniese span. Elke individu en departement het my werk soveel makliker gemaak deur die geweldige talent, inisiatief, inspirasie, energie en passie wat elkeen aan die dag gelê het. Ek respekteer en bewonder hulle almal, veral musiek-regisseur Johan Heystek en choreograaf Raymond Theart. Albei het my soveel van musiek geleer!My grootste genot was om saam met 'n yslike geselskap (uiters vreesaanjaend aan die begin) merkwaardige en unieke akteurs te werk. Dit was ongelooflik om te sien hoe hulle werk en hul alles gee onder die druk van tydsbeperkings, uiterste weerstoestande, uitdagende rekwisiete en kostuums en terselfdertyd te sing en te dans asof hul lewens daarvan afhang! Hulle het hulle skitterend van hul taak gekwyt. Alhoewel dit vir my baie stresvol was aan die stuur van die skip "Liefling, die Movie", het ek gelyktydig nog nooit so baie en lekker op 'n stel gelag nie! Die suiwer fokus en daaglikse dryfkrag waarmee ons toegewyde span hierdie nederig en eenvoudige "voel-goed" storie op die beste manier moontlik vertel het, het my geraak. Ek hoop "Liefling" bied gehore pret, ontvlugting, betowering, nostalgie en 'n hele nuwe intrige met die Afrikaanse taal, gepraat of gesing!Brian Webber Regisseur
Voorskoue
Offisiele Voorskou
Liefling die Movie Official Trailer HD
Voorskou 1
Liefling die Movie Official Trailer HD
Voorskou 2
Liefling Teaser Trailer 2
Liefling EPK 1
liefling teaser epk
Liefling EPK 2
liefling teaser epk
Liefling EPK 3
Liefling EPK 03
Page 8
Liefling - with Bobby van Jaarsveld
Offisiele Voorskou
Lok Voorskou 1
Lok Voorskou 2
Liefling EPK 1
Liefling EPK 2
Liefling EPK 3
My Wereld draai om jou
Lieflings oomblikke
Media
Media
Kormorant Februarie 2010
Pasella: Nuwe Afrikaanse Musiek Fliek Maart 2010
Nuus 24: Mei 2010
Pasella: Willem Botha Mei 2010
Sarie Tydskrif April / Mei 2010
National Film and Video Foundation
LIG Tydskrif Oktober 2010
Rapport 3 Oktober 2010
Beeld 4 Oktober 2010
Praat met ons
Laat weet ons wat jy dink van "Liefling, die Movie"!
My Text
Wees asb geduldig as die webblad vir die eerste keer laai....
Ontwerp deur Annemarie Burger
ENGLISH
Master Page 2
ENGLISH_copy1